Powered by RND
PodcastsArtsMiddagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

RSG
Middagvervolgverhaal
Latest episode

Available Episodes

5 of 2819
  • 'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 30
    Ans deel haar indrukke van Louis toe hy by die partytjie opdaag. Dan praat sy oor die kuier op die plaas. Ans begin gewoond raak aan Nita en Louis. Bolangs is alles pluis, maar onderlangs begin die krake wys. Louis speel vir Nita en Ans klavier. Louis raak kreatief, en vertel vir hulle ‘n verhaaltjie van ‘n meisie wat hy op universiteit gehad het. Die beskrywing van die meisie klink toevallig na die manier waarop Nita hom benader het. Nita verklaar weer haar onvoorwaardelike liefde aan hom terwyl Ans wegglip om koffie te gaan haal. Die aanbod vir ‘n kaastoebroodjie word ‘n gesprek oor Louis se gesondheid. Uiteindelik kan die twee ook na die beloofde meubels kyk vir die woonstel. Nita deel haar verlange terwyl Louis in die Kaap is. Nita bevestig haar nuutgevonde lus vir die lewe sedert Louis in haar lewe is. Ans konfronteer haar weer met die gedagte as Louis uit haar lewe moet verdwyn. Daar wag ‘n groot ontnugtering op Nita.
    --------  
    12:45
  • 'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 29
    Ben vertel vir Louis dat John baie gelukkig is, en sommer die begroting gaan vergroot. Louis vat sy kans en sit ‘n goeie woordjie in vir Ans. Ben wonder oor haar beskikbaarheid, maar Louis knip hom kort en beklemtoon dat Ans via ‘n bostelegram die rol wil hê. Ben laat blyk dat Ans ‘n daknatmaak gereël het vir die nuwe woonstel, en dat Nita ook daar intrek nadat sy en Wimpie uit is. Louis beweer hy kan die daknatmaak bywoon. Ben laat blyk ook dat Louis bietjie kan afkry van die skrywery om te rus en weg te kom. Nita en Louis sien mekaar vir die eerste keer nadat die laaste kuier kortgeknip is. Louis vra innig om verskoning dat hy so ongeskik was met Nita die vorige dag. Hy vertel Nita van die daknatmaak, en sy wil hom dadelik nooi. Louis vertel dat Ben hom genooi het nadat hy ‘n goeie woordjie vir Ans ingesit het. Hy vertel vir Nita van sy planne om, nadat sy en Ans op die plaas was, Kaap toe gaan. Pllanne word weer bewimpel om mekaar in die Kaap te ontmoet. Nita begin Louis pols oor Thérèse. Dit ontaard in ‘n speelse gesprek oor hulle fisiese aangetrokkenheid. Meteens haal Nita Louis junior se telefoongesprek op, en Lewies deel haar mee van sy mediese kondisie. ‘n Belangrike gesprek oor lewe en dood ontbloot Louis se gevoelens oor Thérèse.
    --------  
    12:13
  • 'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 28
    Ans is besig met die gordyne vir die woonstel. Nita daag op, en is net betyds om te help. Ans vra waar Louis is, maar Nita laat blyk dat hy nie in ‘n goeie bui is nie. Dis ‘n komplekse gesprek want Louis se bui het baie kante. Ans gee haar weergawe van Thérèse om Nita bewus te maak van haar. Nita vertel ook van die spannende oproep van Louis junior af. Ans is nie ten gunste van die verhouding nie, sy baie sinies. Nita beweer daar was niks tussen haar en Wimpie nie. Hulle kom nie tot ‘n vergelyk nie. Louis junior en Thérèse gesels oor die oproep wat Lewies kortgeknip het, en spekuleer oor Lewies se fisiese toestand die naweek op die plaas. Thérèse beweer sy wou op daardie stadium die verkeerde goed vir Lewies gehad het. Sy weet sy het hom nooit verstaan nie.
    --------  
    12:00
  • 'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 27
    Roelf en Wimpie ontmoet mekaar by die muurbalklub. Wimpie is baie gretig om by Roelf te verneem wat met Nita aangaan. Roelf ontken ‘n geheime verhouding en beweer hy weet niks. Wimpie probeer om alles uit te pluis. Hy stort sy hart uit teenoor Roelf. Louis skakel Nita nadat hy terug is van die plaas, en maak dadelik ‘n afspraak. Hy is versigtig dat Ben hulle nie sien nie. Louis wil sy voorskrif hernu en vra vir Ben om hom daarmee te help. Louis kry uiteindelik vir Nita by die woonstel. Hy is nie in ‘n goeie bui nie. Nita probeer alles om hom op te beur. Dis duidelik die draaiboek is vir Lewies middelmatig en oppervlakkig. Meteens kontak Louis junior om uit te reik oor die mediese kondisie. Lewies maak dit af, en vra hom om dit nie nou te bespreek nie. Hy vertel Nita alles wat op die plaas gebeur het. Nita vra of sy liewer moet loop, en Louis stem in omdat hy nie op die oomblik goeie geselskap is nie.
    --------  
    11:49
  • 'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 26
    Ans en Nita is besig om die woonstel te bekyk vir gordyne en meubels. Die grappies draai vinnig na Louis. Ans deel weer ‘n stukkie wysheid oor Nita en Louis se geheimsinnige vriendskap. Lewies peins oor Jan en Louis junior se opvoeding. Hulle is nie soos hy nie, hy beweer hy het hulle in hulle opvoeding bietjie verwaarloos. Wilma pols Louis junior oor sy eie opvoeding. ‘n Swerwersbestaan op soek na betekenis. Sigeunermusiek bring uiting aan die rou emosie van eensaamheid as ‘n swerwer. Thérèse en Louis gesels oor hulle huwelik, en waar dinge moontlik kon skeefloop. Is daar ‘n kans op versoening? Het hulle mekaar gemis? Thérèse vertel dat Louis junior haar gebel het. Sy deel haar bekommernis met Lewies oor sy gesondheid. Louis stem in om ‘n dokter te gaan sien.
    --------  
    12:15

More Arts podcasts

About Middagvervolgverhaal

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Podcast website

Listen to Middagvervolgverhaal, This Cultural Life and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app

  • Stations and podcasts to bookmark
  • Stream via Wi-Fi or Bluetooth
  • Supports Carplay & Android Auto
  • Many other app features

Middagvervolgverhaal: Podcasts in Family

Social
v7.23.7 | © 2007-2025 radio.de GmbH
Generated: 9/13/2025 - 7:05:53 AM