Annelie loer in by die Pretoria Boeremark wat elke Saterdag tussen 05:30 - 09:30 plaasvind
Grootkraal 16 Januarie 2026
16/1/2026 | 12 mins.
Dis 'n nuwe jaar en tyd vir die eerste inloer by die Pretoria Boeremark!
Groot Kraal 19 Desember
19/12/2025 | 18 mins.
De Wet Vermeulen gesels met Elrica oor sy leer produkte en die passie van die Pretoria Boeremark.
Oppinuus - Willem Els oor fluitjieblaser beskerming
11/12/2025 | 20 mins.
Annelie gesels met Willem Els van die instituur vir Sekerheids Studies oor Marius van der Merwe of soos hy in die Mhlanga kommisie bekend gestaan het Getuie D se Moord. Die wetgewing oor die beskerming van fluitjie blasers en wat moet gebeur om toekomstige getuies en fluitjieblasers te beskerm
Francois van Rensburg
09/12/2025 | 21 mins.
Annelie gesels met Francois van Rensburg oor sy en Charlize Berg se nuwe Kersfees duet "Geseënde Kersfees" en kyk hoe goed hy ander kersliedjies ken
Mirrag – jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuis tafel sit en kuier. Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaanWant kom ons wees eerlik… teen middagete dink ons almal aan twee goed: ‘Waar’s my koffie?’ en ‘Wanneer kan ek huistoe gaan? So, van nuus tot nonsens dis tyd vir MIRRAG!