173 episodes
- Wat het ‘n visnet met kerk te doen? Meer as wat jy dink. In week twee van Nuwe Skepping DNA kyk ons na Paulus se oproep om na volledige herstel te streef, en die Griekse woord vir nette heelmaak. Elkeen van ons is ‘n toutjie, ons verhoudings is die knope, en saam is ons ‘n net wat God wil uitgooi vir ‘n groot oes. Maar deur gate glip die visse weg. Ontdek hoe nuwe skepping mense vriendemakers, vredemakers en verskilmakers word.
- “Ons het gehoop.” Drie klein woorde van twee dissipels wat met gebroke harte van Jerusalem af wegstap. Dan sluit ‘n vreemdeling langs die pad by hulle aan, en alles verander. Hierdie week loop ons saam op die pad na Emmaus en vra ‘n eerlike vraag: wat mis ons? Ons kyk hoe die Skrif Christus openbaar, al verduidelik dit nie altyd hoekom nie, hoe Jesus naby kom nog voordat ons verstaan, en hoe ‘n ontmoeting met die opgestane Here ons verander.
- Wat sou jy doen met ‘n miljoen dollar? Die meeste van ons het groot planne vir “eendag, wanneer ek meer het.” Maar in God se koninkryk het elkeen reeds ‘n sak. Hierdie week kyk ons na die gelykenis van die talente en vra ‘n skerper vraag: wat doen jy met wat reeds in jou hande is? Ons ontdek hoe om ‘n rentmeester van jou werk te wees deur uitnemendheid, integriteit en diensbaarheid, en hoekom die teenoorgestelde van getrouheid dikwels net is om niks te doen nie.
More Christianity podcasts
Trending Christianity podcasts
About Doxa Deo Auckland Afrikaans
Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.
Podcast websiteListen to Doxa Deo Auckland Afrikaans, Unbelievable? and many other podcasts from around the world with the radio.net app

Get the free radio.net app
- Stations and podcasts to bookmark
- Stream via Wi-Fi or Bluetooth
- Supports Carplay & Android Auto
- Many other app features








































